Vlag van die Filippyne

Vlag van die Filippyne
Vlag van die Filippyne
Vlag van die Filippyne
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 19 Mei 1898[1]
Ontwerp ’n Wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n goue sterre in elke hoek en ’n goue son in die middel, twee ewe hoë bane in blou bo en rooi onder op die wapperkant.
Wisselvormvlag van die Filippyne
Wisselvormvlag van die Filippyne
Gebruik Staatsvlag en Vlootvaandel Staatsvlag en vlootvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n goue sterre in elke hoek en ’n goue son in die middel, twee ewe hoë bane in rooi bo en blou onder op die wapperkant.

Die nasionale vlag van die Filippyne (Filippyns: Pambansang Watawat ng Pilipinas) is op 19 Mei 1898 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n goue sterre in elke hoek en ’n goue son in die middel en twee ewe hoë bane in blou bo en rooi onder op die wapperkant.

Die goue son in die middel van die driehoek het agt primêre strale, elkeen verteenwoordig ’n Filippynse provinsie. Die drie goue vyfpuntige sterre in elke hoek verteenwoordig een van die eilandnasie se drie hoofeilandgroepe — Luzon, Visayas en Mindanao, die sentrale ster het oorspronklik na Panay verwys.[2] Volgens ’n ander interpretasie het een van die drie sterre net die eiland Panay verteenwoordig en nie die hele Visayas nie.[3]

’n Unieke kenmerk van hierdie vlag is sy vermoë om ’n oorlogstoestand aan te dui as dit met die rooi baan bo-op vertoon word, wat effektief behaal word deur die vlag onderstebo te draai.[4] Wanneer die vlag in oorlogstye vertikaal gebruik word, is die rooi baan links, soos gesien deur die waarnemer. In vredestyd kan die blou veld egter bo of links gesien word.[5]

  1. "Filippyne" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 27 Mei 2019.
  2. Nota: Iloilo is op Panay geleë, die eerste provinsie buite Luzon waar hierdie vlag gehys is.
  3. "The Act of Declaration of Philippine Independence" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2020. Besoek op 27 Mei 2019.
  4. (en) Jerry E. Esplanada (27 September 2010). "RP flag blooper in New York not intentional—US embassy". Philippine Daily Inquirer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2010 – via INQUIRER.net.
  5. (en) "Republic Act No. 8491". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2007. Besoek op 6 Junie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne